‘n Psalm. Van Dawid. Toe hy vir sy seun Absalom gevlug het. Psalm 3:1

 

Die HERE het Dawid tot koning aangestel. Dawid is ‘n man wat op die HEERE as sy God wil bou. Wat ook regtig na Hom wil luister. Nogtans sien ons ook in Dawid se lewe groot sondes. Soos die owerspel met Batseba en die moord op haar man Uria. Dawid mag na Sy berou koning bly. Nogtans sal God se straf in Dawid se lewe en ook by sy opvolgers steeds sigbaar bly. Dit sal baie duidelik word dat ook Dawid en sy opvolgers hul groot Opvolger Jesus Christus nodig het vir die vergifnis van hul eie sondes.

Die profeet Natan kondig as deel van God se straf wat oor Dawid en sy huis sal kom o.a. dit aan: “Daarom sal die swaard nooit van jou huis wyk nie, omdat jy My geminag het en die vrou van Uria, die Hetiet, geneem het om jou vrou te word.’ 2 Samuel 12:10

Die Gees vertel ons meerdere kere hoe dit gebeur. O.a. hier. Een van Dawid se seuns wil koning word. Hy wil die mag gryp. Hy wil hom nie by God se keuse vir Salomo as Dawid se opvolger neerlê nie. Hier sien ons hoe mense vir hul eie belang en mag gaan. Dat mense nie net diensbaar wil wees nie maar na mag en aansien verlang. Dit is dinge wat dikwels in mense se lewens belangriker is as die HEERE volgens Sy Woord dien en in liefde vir jou naaste te leef. Mense dink dat hulle self waarde aan hul lewe moet gee.

Hoe belangrik is dit om raak te sien dat ons lewe waarde het as ons ons deur die HERE laat lei!  As ons ons lewe in diens van God stel. Dan soek ons nie eie mag en aansien nie. Dan wil jy met heel jou lewe vir Christus leef. Vanuit die krag van Sy opstanding soos ons dit lees in Romeine 6: “Laat die sonde dan nie langer oor julle sterflike liggaam heers, om julle sy begeertes te laat gehoorsaam nie. 13Julle moet ook nie meer julle ledemate as wapens van ongeregtigheid tot beskikking van die sonde stel nie. Nee, as mense wat uit die dood lewend geword het, stel julleself tot beskikking van God, en julle ledemate as wapens van geregtigheid tot beskikking van God.” Vs 12,13